Kleur
- Giselle du Plessis
- Dec 3, 2022
- 2 min read
Updated: Dec 5, 2022
Daar is verskillende kleur modelle wat gebruik word as dit kom by grafiese ontwerp
en drukwerk. Die 2 mees algemeenste kleur modelle is die RGB en CMYK kleur modelle.
Die RGB kleur model word gebruik vir vertoning op elektroniese toestelle en die CMYK kleur model word gebruik vir drukwerk.
RGB Kleur Model
Die RGB kleur model bestaan uit rooi, groen en blou kleure van lig wat bymekaar gevoeg word om 'n breë variasie van kleure te vorm.
Dit is 'n toevoeg (additive +) kleur model bedoelende wanneer jy 'n sekere hoeveelheid kleur lig byvoegkry jy 'n ander kleur of skakering byvoorbeeld op die prent hieronder beeld dit uit dat rooi en groen lig wat bymekaar gevoeg word, word geel lig, rooi en blou lig wat bymekaar gevoeg word, word pienk (magenta) lig, donker blou en groen lig wat bymekaar gevoeg word, word lig blou (cyan) lig. Wanneer al die kleure lig saamgevoeg word sien jy wit lig. Wanneer al die kleure lig weggevat word is daar geen lig so dan sien jy swart, soos wanneer jy die toestel afskakel.

Dit word gebruik vir vertoning op elektroniese toestelle soos televisie, en rekenaars en basies enige skerm wat kleur lig gebruik om beeld te kan vertoon.
Dieselfde toestel kan dieselfde kleur verskillend vertoon afhangende hoe helder die toestel skerm gestel is en dit kan ook verskil van toestel tot toestel.

Elke kleur skakering is 'n kombinasie van rooi, groen en blou lig wat bymekaar gevoeg is. Daar is 255 verskillende skakerings van elke een van die drie primêre kleure wat dan in verhouding gebruik word met mekaar om nuwe skakerings te vorm. Dit wil sê dat daar 16,777,216 verskillende kleure bestaan in die RGB kleur model as gevolg van die verskillende kleur kode kombinasies wat mens kan gebruik in verhouding met mekaar.
'n Kode kombinasie is dan die hoeveelheid van elke een van die drie primêre kleure wat bymekaar gevoeg word. Kode kombinasies word gebruik sodat mens 'n spesifieke kleur kan vertoon op 'n toestel se skerm. Elke kleur skakering wat vertoon word op 'n toestel se skerm se kleur bestaan uit die hoeveelheid rooi, die hoeveelheid blou en die hoeveelheid groen wat saamgevoeg is.
Wanneer mens iets wil ontwerp om te laat druk en dit is nie alleenlik net vir op skerm vertoning nie gebruik mens die CMYK kleur model omdat meeste drukkers met hierdie kleur model werk. Kleur drukkers is nie RGB toestelle nie.
Comments