
Wat is grafiese ontwerp?
Grafiese ontwerp is die kuns of vaardigheid om teks en prente te kombineer om visuele konsepte te skep om sodoende idees te kan kommunikeer wat visueel aanloklik, insiggewend en inspirerend is, en wat ook jou aandag kan hou. Dit is ook gewoonlik gerig op 'n spesifieke groep mense, kliënte en/of verbruikers.

Waarom is grafiese
ontwerp belangrik?
Grafiese ontwerp is belangrik want eerste indrukke maak saak en het 'n lang durende effek. Jou potensiële kliënte/verbruikers sal jou besigheid se vaardighede oordeel binne 'n paar sekondes net deur die visuele voorkoms. Mense assosieer goeie kwaliteit ontwerp met waarde en geloofwaardigheid byvoorbeeld wanneer 'n produk of diens goed is maar die etiket of ontwerp elemente lyk nie goed nie, dan sal potensiële kliënte/verbruikers nie getrek word na die produk nie want hulle assosieer slegte ontwerp met slegte produkte en/of dienste.

Wat maak 'n ontwerp
'n goeie ontwerp?
Daar is baie ontwerp beginsels wat oorweeg moet word vir elke ontwerp. Sommige van die basiese ontwerp beginsels is samestelling, eenheid, balans, visuele gewig, proporsie, ritme, kontras en klem. Wat 'n ontwerp 'n goeie ontwerp maak is hoe goed hierdie ontwerp beginsels bymekaar toegepas word saam met die elemente van kuns.

Wat is 'n korporatiewe
identiteit?
'n Korporiewe identiteit is hoe 'n besigheid/organisasie hulself vertoon of aanbied vir die publiek. Dit is die algehele voorkoms van 'n besigheid/organisasie. 'n Logo is gewoonlik die heel eerste gedeelte van 'n korporatiewe identiteit wat gebruik word met of sonder 'n slagspreuk en dit kan uitbrei na besigheidskaartjies, briefhoofde, e-pos afsluitings, besigheidsuniforms ensovoorts. Dit is hoe die besigheid/ organisasie se logo gesien word op elke item wat die besigheid/organisasie gebruik om interaksie te hê en te kommunikeer met die publiek.

Waarom het ek 'n grafiese ontweper nodig?
'n Grafiese ontwerper het die nodige vaardighede en kennis opgedoen om doeltreffend te voorsien wat jou besigheid/ organisasie nodig het. 'n Grafiese ontwerper ken die belangrikheid van visuele kommunikasie en ontwerp, kleur teorie, tipografie, uitleg en wat presies sal 'n emosionele effek hê op die kyker.

Hoe u die ontwerper kan help om die beste ontwerp te skep
Maak altyd seker dat u vrae so deeglik as moontlik beantwoord. Voorsien die ontwerper met soveel informasie as moontlik want elke klein detail help. Hou in gedagte dat die ontwerper nodig het om alles omtrent u besigheid/organisasie te moet weet want dit stel die ontwerper in staat om beter ontwerp keuses te kan maak. Dit is ook beter om die finale besluit aan een persoon oor te laat, want hoe meer mense betrokke raak, hoe meer verskillende opinies gaan daar wees. Op die ou einde van die dag moet u ontwerp verteenwoordig dit wat of waarvoor u besigheid/organisasie staan.