
BEPALINGS & VOORWAARDES

Hoe om aansoek te doen vir 'n ontwerp?
U kontak ons met die sekere ontwerp/paket wat u in belangstel en vir sekere ontwerpe sal u 'n vraelys ontvang om in te vul en terug te stuur met die antwoorde. Dit sal 'n tydjie neem om die antwoorde of inligting te proseseer, analiseer en navorsing te doen. Daarna skep ons die aanvanklike idees en stuur die eerste konsepte/ontwerpe aan die kliënt vir die eerste hersieningsrondte indien nodig.

Hersieningsrondtes
Elke ontwerp kry 3 hersieningsrondtes. Een hersieningsrondte sluit in veelvuldige veranderinge wat op een slag deurgegee word vanaf die kliënt aan ons. Alle leêrs word in PDF formaat aan kliënte gestuur teensy die kliënt 'n ander formaat benodig.

Hoe lank neem 'n ontwerp?
Ontwerpe kan enige iets tussen 3 dae tot 2 weke neem afhangende van hoeveel ontwerpe gekies word en hoeveel tyd ons het om aan een kliënt se ontwerpe te werk. Ons hou daarvan om ons kliënte op hoogte te hou van ons vordering met hul ontwerpe soos wat ons daaraan werk.
LEÊR FORMATE

JPEG
(Joint Photograpic Experts Group)
Dit is die mees algemeenste beeld formaat en word ook deur digitale kameras gebruik en ander toestelle vir fotografiese opname. JPEG's kan gekompres word om die leêr grootte te kan verminder maar die kwaliteit van die beeld sal baie afneem want dit is 'n rasterbeeld (raster image).

PNG
(Portable Network Graphics)
Dit is 'n rasterbeeld (raster image) grafiese leêr wat verlieslose data kompressie ondersteun. PNG maak dit ook moontlik om 'n deursigtige agtergrond te hê.

(Portable Document Format)
Dit is 'n leêr formaat wat gebruik word om dokumente betroubaar te vertoon en aan te stuur onafhanklik van sagteware of die bedryfstelsel. Geen verlies in die kwaliteit van die beeld.

AI
(Adobe Illustrator)
Dit is 'n leêr formaat wat gebruik word om vektor gebasseerde ontwerpe en kunswerk op te vertoon wanneer 'n vektor gebasseerde program gebruik word. Die beeld se grootte kan aangepas word soos benodig sonder enige kwaliteit verlies.
FINALE LEÊRS

Leêrs wat u ontvang
Let asseblief daarop dat konsepte/ontwerpe in enige manier of metode voorgestel kan word om die gebruik van leêrs te beskerm voor die volle betaling ontvang is.

Gereed om te druk leêrs
Sekere van die finale leêrs wat u ontvang vir drukwerk mag dalk nie oopmaak op u digitale toestel nie, want dit is moontlik dat u nie die korrekte sagteware/
programme het om dit mee oop te maak nie. 'n Professionele drukkersmaatskappy sal hierdie leêrs kan oopmaak en dit korrek kan gebruik.
Dis belankrik om uit te vind by u drukkersmaatskappy watter leêr formate hulle benodig om 'n suksesvolle projek vir u te kan druk. In meeste gevalle sal PDF formaat aan hulle vereistes voldoen, maar dit is altyd beter om eers te vra.
Hou ook asseblief in gedagte dat die kleure van jou ontwerp kan verskil van drukkersmaatskappy tot drukkersmaatskappy. Selfs die kleur wat mens op die rekenaar monitor sien kan verskil van die finale drukwerk. Dit is omdat daar verskillende prosesse gebruik word om die kleur op te maak. Vir vertoning op 'n monitor word RBG kleure gebruik en die mees algemeenste sisteem wat drukwerk gebruik is CMYK. Dis hoekom dit ook baie belangrik is om te sê of u die finale leêrs wil gebruik om te vertoon op 'n monitor/skerm en of dit gedruk gaan word.

Foute / Spelfoute
Maak asseblief baie seker met die finale leêrs wat u ontvang dat daar geen foute of spelfoute in is nie. Wanneer mens die projek klaar laat druk het, is daar geen terug draai kans meer nie.
STAPPE WAT ELKE ONTWERP DEURGAAN


Kliënt
Grafiese Ontwerper
Maak betaling en stuur die bewys van betaling
Vul in vraelys en stuur terug
Kies die beste voorstel/idee
Stuur eerste rondte van hersiening (as daar enige is)
Stuur tweede rondte van hersiening (as daar enige is)
Stuur derde rondte van hersiening (as daar enige is)
Stuur invul vorm na kliënt
Proseseer informasie
Analiseer informasie/probleme
Doen navorsing vir moontlike aspekte van 'n oplossing
Skep die eerste idees
Stuur eerste voostelle na kliënt vir eerste rondte van hersiening
Implementeer veranderinge
Stuur na kliënt
Implementeer veranderinge
Stuur na kliënt
Bevestig die oplossing
Evalueer die oplossing
Stuur al die finale reg om te gebruik en druk leêrs na kliënt






BETALING
