top of page

Waar kom die naam Strooikwas vandaan?

Watter tipe besigheid is Strooikwas Grafiese Ontwerp?

In die ontwerp program is daar 'n funksie genaamd "scatterbrush" wat ek geniet om te gebruik wat ek dan direk vertaal het in Afrikaans na strooikwas. Die naam kan ook klink of dit 'n kwas is wat van strooi gemaak is.

Strooikwas Grafiese Ontwerp is 'n vryskud grafiese ontwerp besigheid wat van die huis af bestuur word. Ons het nie 'n fisiese adres nie.

Waar is Strooikwas geleë?

Watter tipe dienste bied Strooikwas Grafiese Ontwerp aan?

Strooikwas Grafiese ontwerp is in Pretoria geleë en kan aan enige iemand diens lewer aangesien dit digitale leêrs is wat aangestuur word deur middel van die internet en nie fisiese items is wat moet afgelewer word by 'n spesifieke fisiese adres nie.

Ons doen allerhande verskillende grafiese ontwerp, maar ons doen nie die drukwerk nie. Hou asseblief in gedagte dat al ons pryse wat gelys is alleenlik vir die ontwerp is daarvan en nie vir enige drukwerk nie. Drukwerk kan gereël word by 'n drukkersmaatskappy indien kliënte dit sou versoek.

 

Ons kan logo's, besigheidskaarte, briefhoofde, e-pos afsluitings, advertensies, sosiale media profiel prente en omslag prente (covers), bestel vorms, invul vorms, spyskaarte, besigheidsprofiele, uitnodigings, koeverte, plakkers, etikette en nog vele meer vir u ontwerp.

 

U kan ook versoek dat ons die inhoud van u sosiale media blaaie skep. U kan kies wat u in die inhoud wil hê of ons kan 'n basiese konsep vir u gee. U kan kies hoeveel prente u wil laat maak in 'n maand en of dit net 'n eenmalige keer/besluit is.

bottom of page